Content: Home, Recipes

Ou Kaap Brandewyntert

Added 3/Jul/2021


Via ma

Note: Ek maak die sous dubbel, of een en a half keer, om seker te maak dat die tert nie droog is nie.

Vorige keer was dit baie soet. Verminder suiker.

(8 porsies)

Tert

Sous

  1. Verhit oond tot 190°C. Los die koeksoda in die kookwater op, gooi oor die gekapte dadels en laat afkoel.

  2. Room botter, suiker en eier tot lig en romerig. Sif droë bestanddele saam in ‘n mengbak. Meng al die (tert) bestanddele en meng goed deur.

  3. Skep die mengsel in ‘n gesmeerde vierkantige oondbak van sowat 23 cm groot. Plaas in warm oond en bak vir 30-40 minute. Toets met ‘n dun pennetjie om seker te maak die poeding is gaar.

  4. Maak die sous terwyl die poeding bak. Meng die water en suiker in ‘n kastrol en bring tot kookpunt. Laat prut vir 5 minute. Verwyder die kastrol van hitte en voeg die botter by. Voeg nou die geursel, brandewyn, sout en suurlemoensap by. Gooi die warm stroop onmiddellik oor die warm poeding sodra dit uit die oond kom.

  5. Sny in blokke en sit voor saam met styfgeklopte room. Die blokke hou goed in deep freeze.